WET
Ten einde voorsiening te maak vir die befondsing van politieke partye wat deelhebbend is aan die
Vrystaat Wetgewer; om die Vrystaat Politieke Partyfonds in te stel; om vir rekenpligtigheid betreffende die Fonds voorsiening te maak; om voorsiening te maak vir die regulering van openbaarmaking van politieke partye; en om voorsiening te maak vir sake wat daarmee verband hou.
AANHEF
AANGESIEN die Grondwet die basiese beginsel van veelpartydemokrasie vestig;
EN AANGESIEN die Grondwet hierdie beginsel in alle regeringsfere bevorder;
EN AANGESIEN artikel 236 van die Grondwet hierdie beginsel bevorder en, in besonder, van nasionale wetgewing vereis om voorsiening te maak vir die befondsing op 'n billike en proporsionele grondslag van politieke partye wat deelneem in nasionale en Provinsiale Wetgewers om veelpartydemokrasie te versterk;
EN AANGESIEN nasionale wetgewing verorden is wat voorsiening maak vir die befondsing van politieke partye wat aan die nasionale en Provinsiale Wetgewers meedoen, en 'n fonds gestig het om voorsiening te maak vir die befondsing van politieke partye wat aan die nasionale en Provinsiale Wetgewers meedoen;
EN AANGESIEN aanvullende befondsing van politieke partye wat aan die Vrystaat Provinsiale
Wetgewer meedoen veelpartydemokrasie verder bevorder;
EN AANGESIEN die geld wat aldus toegeken word deur partye aangewend moet word vir doeleindes wat voortspruit uit hul funksionering as politieke partye in 'n moderne demokrasie;
WORD DAAR BEPAAL deur die Provinsiale Wetgewer van die Vrystaat Provinsie soos volg:-
Engelse teks deur die Premier bekragtig en geteken.
Woordomskrywings
In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk -
boekjaar" beteken ; tydperk van 12 maande, vanaf 1 April van elke jaar tot 31
Maart die volgende jaar, altwee dae ingesluit;
Fonds" beteken die Vrystaat Politieke Partyfonds deur artikel 2 ingestel;
Grondwet" beteken die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;
hierdie Wet" sluit die regulasies in wat kragtens hierdie Wet gepromulgeer is;
politieke party" beteken 'n politieke party wat meedoen aan die Vrystaat
Provinsiale Wetgewer.
rekenpligtige beampte" beteken 'n rekenpligtige beampte van 'n politieke party, aangestel deur daardie politieke party kragtens artikel 6 (b) van die Wet;
Speaker" beteken die Speaker van die Wetgewer verkies kragtens artikel 111 van die Grontwet; en voorgeskrewe" voorgeskryf by regulasie kragtens artikel 10.
Instelling van Vrystaat Politieke Partyfonds
 Die Fonds word hierby ingestel met die doel om politieke partye wat aan die
Vrystaat Provinsiale Wetgewer meedoen, te befonds soos hieronder bepaal.
Die Fonds moet gekrediteer word met -
a geld wat deur die Vrystaat Provinsiale Wetgewer aan die Fonds bewillig word;
b bydraes en skenkings aan die Fonds afkomstig vanaf enige bronne, hetsy binne of buite die Republiek;
c rente verdien op geld ingevolge artikel 31 gedeponeer en op geld ingevolge artikel 3 belê, d geld wat ingevorder word of die Fonds vanuit enige ander bron toeval.
e geld wat deur middel van fondsinsameling binne en buite die
Republiek bekom is.
Deponering en belegging van geld van Fonds
 Behalwe soos in subartikel bepaal, word die geld waarmee die Fonds gekrediteer staan, gedeponeer in 'n afsonderlike bankrekening wat deur die
Sekretaris van die Vrystaat Provinsiale Wetgewer geopen word by 'n bank wat in die Republiek geregistreer is.
Die geld van die Fonds wat nie onmiddellik benodig word om aan politieke partye toekennings ingevolge artikel 5 te doen nie, kan belê word by die
Openbare Beleggingskommissarisse beoog in die Wet op die Openbare
Bestuur en beheer van Fonds
 Die Sekretaris van die Vrystaat Provinsiale Wetgewer is verantwoordelik vir die bestuur en administrasie van die Fonds.
Die Sekretaris van die Vrystaat Provinsiale Wetgewer sal beleidsriglyne aan elke politieke party wat geld uit die Fonds ontvang op die voorgeskrewe wyse uitreik.
Die Sekretaris van die Vrystaat Provinsiale Wetgewer moet vir elke boekjaar rekords ooreenkomstig algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk en prosedure laat hou van -
a alle geld ontvang deur of toegeval aan die Fonds;
b alle toekennings en betalings daaruit gedoen;
c uitgawe voortspruitend uit die toekenning van geld uit die Fonds; en d 'n rekord van die kapitaal en laste van die Fonds, gedurende daardie jaar.
Die eerste boekjaar strek vanaf die dag waarop hierdie Wet in werking tree tot die eersvolgende 31ste Maart, altwee dae ingesluit.
Toekennings uit Fonds
 Elke politieke party is daarop geregtig om geld uit die Fonds toegeken te word vir elke boekjaar wat hy aan die Vrystaat Provinsiale Wetgewer meedoen.
Behoudens subartikel 7 kan die geld wat so aan 'n politieke party toegeken word, gebruik word vir enige doeleindes wat met sy funksionering as 'n politieke party in 'n moderne demokrasie te versoen is.
Die doeleindes van ; politieke party ingevolge subartikel 2 sluit onder meer in, maar is nie beperk nie tot -
a die ontwikkeling van mense se politieke wil;
b om die politieke party se invloed te laat geld op openbare meningsvorming:
c om onderrig in die politiek aan te wakker en voort te help;
d om aktiewe deelname aan die politiek deur indiwiduele landsburgers te bevorder;
e om invloed op die politieke verloop uit te oefen; en f om te verseker dat daar met onontbeerlike skakels tussen die mense en staatsorgane volgehou word, veral tussen die mense en die
Toekennings aan politieke partye vanuit die Fonds word bepaal en gedoen op die voorgeskrewe tye of tussenposes, in voorgeskrewe paaiemente, en op die voorgeskrewe wyse.
Die Sekretaris van die Vrystaat Provinsiale Wetgewer moet toekennings vanuit die fonds maak aan politieke partye ooreenkomstig 'n voorgeskrewe formule wat gebaseer is op -
a die totale jaarlikse geldelike toekenning beskikbaar vir verspreiding gedeel deur die totale aantal stemme vir elke politieke party in die mees onlangse algemene verkiesing vir provinsiale wetgewers wat 'n gemiddelde geldwaarde per kieser sal bepaal.
b die gemiddelde geldwaarde per kieser wat vernmenigvuldig moet word met die die werklike aantal stemme uitgebring ten gunste van elke politieke party gedurende die mees onlangse algemene verkiesing om die geldwaarde te bepaal vir elke kwalifiserende politieke party.
Die inligting en besonderhede wat vir die toepassing van die voorgeskrewe formule op 'n party nodig is, moet vasgestel word uit die tersaaklike feite en omstandighede soos op die tydstip waarop die toekenning gedoen staan te word.
Geld uit die Fonds aan 'n politieke party toegeken, mag nie gebruik word -
a met die doel om regstreeks of onregstreeks enige besoldiging, fooi, beloning, byvoordeel of ander voordeel te betaal aan enige persoon wat die party in die Vrystaat Provinsiale Wetgewer verteenwoordig of wat enige ander winsbetrekking by die Staat beklee nie;
b met die oog daarop om enige aangeleentheid, strewe of saak, gebeurtenis of geleentheid, in stryd met enige etiese gedragskode wat op die lede van die Vrystaat Provinsiale Wetgewer, na gelang van die geval, bindend is, te finansier of daartoe by te dra nie, hetsy regstreeks of onregstreeks;
c regstreeks of onregstreeks met die doel om enige besigheid tot stand te bring of enige reg of finansiële belang hoegenaamd te verkry in enige besigheid;
d om ; reg of belang in onroerende eiendom te bekom, behalwe waar die reg of belang in die onroerende eiendom alleenlik vir gewone partypolitieke doeleindes deur die party gebruik gaan word; of e vir enige ander doel wat nie met 'n politieke party se funksionering in 'n moderne demokrasie te versoen is nie, soos wat voorgeskryf mag word.
a Die toekenning van geld aan 'n politieke party vanuit die Fonds moet gestaak word wanneer die party ophou om ingevolge subartikel daarvoor te kwalifiseer; en
b Binne 30 dae na die datum waarop 'n politieke party opgehou het om te kwalifiseer, moet hy die onbestede saldo's van alle geld wat ingevolge hierdie artikel aan hom toegeken is, terugbetaal.
Politieke partye moet rekenskap gee oor geld uit Fonds aan hulle toegeken
 Elke politieke party aan wie geld uit die Fonds toegeken word, moet -
a by 'n bank in die Republiek geregistreer, 'n afsonderlike bankrekening hou waarin alle geld wat so aan die party toegeken word, gedeponeer moet word; en b 'n ampsdraer of beampte van daardie party aanstel as sy rekenpligtige beampte in verband met geld wat vanuit die Fonds aan daardie party toegeken word.
Die rekenpligtige beampte se verantwoordelikheid is om rekenskap te gee van die geld wat aan daardie party toegeken word, en sluit in -
a benewens enige ander pligte wat by hierdie Wet opgelê word, die plig om te sorg dat die vereistes van hierdie Wet nagekom word;
b in die besonder, om te sorg dat daardie geld nie uitbetaal word vir 'n doel wat nie deur hierdie Wet gemagtig word nie; en c die indiening van 'n skriftelike verslag aan die Sekretaris van die
Vrystaat Provinsiale Wetgewer by ontdekking van uitgawes in 'n toekenning aan 'n politieke party wat nie in ooreenstemming met die
Wet is nie en die stappe wat geneem word vir die terugvordering op die voorgeskrewe wyse van sodanige uitgawe.
Die rekenpligtige beampte moet, op die voorgeskrewe wyse, afsonderlike rekeningboeke rekenkundige rekords hou ten opsigte van geld wat uit die
Fonds toegewys en alle transaksies waarby daardie geld betrokke is.
Binne twee maande na die einde van 'n boekjaar moet die rekenpligtige beampte 'n staat opstel wat -
a al die bedrae aantoon wat deur die party uit die Fonds gedurende daardie boekjaar ontvang is en sy aanwending van daardie geld; en b die doeleindes waarvoor die onderskeie bedrae aangewend is, uiteensit.
Die rekeningboeke en rekeningkundige rekords soos beoog in subartikel 3
en die staat soos beoog in subartikel moet geoudit word deur 'n openbare rekenmeester en ouditeur wat ingevolge die Wet op Openbare
Rekenmeesters en Ouditeurs, 1991 (Wet 80/1991), as sodanig geregistreer is en praktiseer.
'n Ouditeur wat 'n oudit uitvoer soos beoog in subartikel 5 uitvoer, moet in die ouditeursverslag 'n mening uitspreek oor die kwessie of die toegekende geld bestee is vir doeleindes wat nie deur hierdie Wet gemagtig word nie.
Die geouditeerde rekeninge, state en verslae van die ouditeur moet binne drie maande na die einde van daardie boekjaar deur die rekenpligtige beampte aan die Sekretaris van die Vrystaat Provinsiale Wetgewer voorgelê
word.
Ten spyte van subartikel 4 kan die Ouditeur-generaal te eniger tyd enige politieke party se rekeningboeke, rekeningkundige rekords en finansiële state wat betrekking het op geld wat aan die party uit die Fonds toegeken is, ouditeer.
a Behoudens paragraaf b moet die Sekretaris van die Vrystaat
Provinsiale Wetgewer -
i gelas dat die toekenning van geld aan 'n politieke party vanuit die Fonds opgeskort word indien hy op redelike gronde daarvan oortuig is dat die party nagelaat het om 'n vereiste van hierdie Wet na te kom; en ii die opskorting beëindig indien daarvan hy oortuig is, in die lig van die party se daaropvolgende optrede, dat die opskorting nie meer geregverdig is nie.
b Die opskorting van 'n politieke party se toekennings mag ingevolge paragraaf (a) gelas word slegs indien die Sekretaris van die Vrystaat
Provinsiale Wetgewer -
i die politieke party by wyse van skriftelike kennisgewing verwittig het van die voorgestelde opskorting en van die redes daarvoor; en ii 'n beroep op die party gedoen het om, binne die tydperk in die kennisgewing vermeld, redes te verstrek waarom sy toekennings vanuit die Fonds nie opgeskort behoort te word nie.
Verhaling van toegekende geld wat onreëlmatig deur politieke partye bestee is
 Waar geld wat ingevolge artikel 5 aan 'n politieke party toegeken is, nie ooreenkomstig die vereistes van hierdie Wet bestee is nie, kan die rekenpligtige beampte van die party soos beoog in artikel 6 (b)
aanspreeklik gehou word om die geld wat onreëlmatig bestee is, aan die
Sekretaris van die Vrystaat Provinsiale Wetgewer terug te betaal.
Die Sekretaris van die Vrystaat Provinsiale Wetgewer mag die geld wat onreëlmatig bestee is, terugvorder, en kan dit doen deur -
a ten opsigte van die bedrag wat onreëlmatig bestee is, 'n siviele eis teen die rekenpligtige beampte van die betrokke politieke party soos beoog in artikel 6 (b) in te stel; of b die bedrag wat onreëlmatig bestee is in verrekening te bring teen enige toekenning wat aan die politieke party betaalbaar mag wees.
Speaker moet oor die Fonds aan die Vrystaat Provinsiale Wetgewer verslag doen
 So gou moontlik na die einde van elke boekjaar moet die Speaker -
a 'n verslag opstel oor die bestuur en administrasie van die Fonds gedurende die boekjaar;
b finansiële state opstel met betrekking tot die Fonds, waarin die volgende aangetoon word -
i die bedrae wat gedurende dié boekjaar ontvang is deur en toegeval het aan die Fonds;
ii die toekennings wat gedurende dié jaar uit die Fonds aan die onderskeie politieke partye gedoen is;
iii die bedrae wat deur elke politieke party gedurende dié jaar bestee is in verband met doeleindes wat geklassifiseer kan word onder kategorieë, soos van tyd tot tyd voorgeskryf, wat algemeen beskrywend is;
iv die saldo van die Fonds en enige bedrae verskuldig aan of deur die Fonds soos aan die einde van dié jaar; en v die Speaker moet daardie verslag en state en die Speaker se rekeningboeke en rekeningkundige rekords met betrekking tot die Fonds, aan die Ouditeur-generaal vir ouditering voorlê.
Binne 30 dae na ontvangs van die Ouditeur-generaal se verslag moet die
Speaker daardie verslag tesame met die geouditeerde finansiële state van die
Fonds en die geouditeerde Speakerverslag aan die Vrystaat Provinsiale
Onbestede geld soos aan einde van boekjaar
 Enige geld wat aan die einde van ; boekjaar nie deur ; politieke party bestee is nie, moet in die betrokke rekeningboeke en rekeningkundige rekords aangetoon word as 'n kredietsaldo wat na die volgende boekjaar oorgedra word, onder voorbehoud dat -
a die geld wat oorgedra mag word, beperk kan word tot 'n bedrag wat n voorgeskrewe persentasie verteenwoordig van die toekennings wat vir daardie boekjaar gedoen was; en b geld wat na die volgende boekjaar oorgedra word, nie in berekening gebring mag word by die bepaling van enige toekenning wat aan die betrokke party gedurende daardie boekjaar gedoen staan te word nie.
Geld waarmee die Fonds aan die einde van 'n boekjaar gekrediteer staan, word na die volgende boekjaar as 'n kredietsaldo oorgedra.
Indien die Vrystaat Provinsiale Wetgewer kragtens die Grondwet ontbind, moet ; politieke party sy rekeningboeke en rekeningkundige rekords afsluit -
a nie later nie as 7 dae voor die datum wat bepaal is vir die verkiesing en 'n geouditeerde staat ten opsigte van daardie rekeningboeke en rekeningkundige rekords binne 60 dae daarna aan die Sekretaris van die Vrystaat Provinsiale Wetgewer voorgelê is; en b so 'n politieke party moet die onbestede saldo's, soos op die datum wanneer sy rekeningboeke en rekeningkundige rekords afgesluit word soos beoog in paragraaf (a), aan die Sekretaris van die Vrystaat
Provinsiale Wetgewer terugbetaal nie later as die dag onmiddellik voor die datum wat vir die verkiesing bepaal is nie.
Indien die Vrystaat Provinsiale Wetgewer onder enige ander omstandighede ontbind, moet ; politieke party wat in die Vrystaat Provinsiale Wetgewer verteenwoordig is, sy rekeningboeke en rekeningkundige rekords afsluit -
a nie later as 7 dae voor die datum wat bepaal is vir die verkiesing nie;
b 'n geouditeerde verslag ten opsigte van daardie rekeningboeke en rekeningkundige rekords binne 60 dae daarna aan die Sekretaris van die Vrystaat Provinsiale Wetgewer voorlê;
c moet die Sekretaris van die Vrystaat Provinsiale Wetgewer die verteenwoordiging van 'n party genoem in subartikel bereken as n persentasie van die party se verteenwoordiging in die Vrystaat
Provinsiale Wetgewer soos beoog in subartikel ; en d nie later as die dag onmiddellik voor die datum wat vir die verkiesing bepaal is nie moet sodanige politieke party die bepaalde persentasie van enige onbestede saldo's, soos op die datum waarop daardie rekeningboeke en rekeningkundige rekords ingevolge paragraaf (a)
afgesluit word, aan die Sekretaris van die Vrystaat Provinsiale
Wetgewer terugbetaal.
Regulasies
Die Speaker, wat handel op aanbeveling van 'n komitee van die Vrystaat Provinsiale
Wetgewer, kan by proklamasie in die Staatskoerant regulasies uitvaardig wat met hierdie Wet bestaanbaar is -
a die prosedure voorskryf waarvolgens, die wyse waarop en die tussenposes of paaiemente waarop betalings vanuit die Fonds gedoen en bepaal moet word;
b die formules voorskryf waarvolgens toekennings bereken word;
c doeleindes te bepaal wat by die toepassing van artikel 52 nie met die funksionering van 'n politieke party in 'n moderne demokrasie te versoen is nie;
d die inligting en besonderhede voor te skryf wat deur politieke partye aan die
Sekretaris van die Vrystaat Provinsiale Wetgewer verstrek moet word ten einde te sorg vir behoorlike en doelmatige toepassing, administrasie en nakoming van hierdie Wet; en e oor enige aangeleentheid wat ingevolge hierdie Wet voorgeskryf kan of moet word.
Kort titel en inwerkingtreding
 Hierdie Wet heet die Wet op die Vrystaat Politieke Partyfonds, 2008.
Verskillende voorskrifte van hierdie Wet kan op verskillende datums in werking tree.
